KOM NA LEGACY!
Projek Yiza eLegacy! Kom na Legacy!

Kom kyk wat ons by Legacy doen; kom speel saam met die kinders op ons velde, lees saam met van die jonger kinders of sluit by die tieners aan. Die commitment wat gevra word is drie opeenvolgende Donderdae, laatmiddag – dit is die eerste drie Donderdagdae van Mei.Datums: 4, 11, 18 Mei 2023

Dit is verskillende tydsgleuwe in die namiddag, wat inpas by die naskoolprogram, maar aktiewe deelname saam met die personeel, die leerders se program en sportaktiwiteite:

  • 4 Mei vanaf 16:30 tot 18:00. Dit sal ‘n oriëntasie tov Legacy en Kayamandi en ‘n kuier met van Legacy se personeel insluit
  • 11 Mei vanaf 16:00 tot 17:00: Lees saam met die kids met materiaal wat al die vorige week ontvang is. Of doen sport saam met ons sportfasiliteerders. Of gaan kyk wat die hoërskoolleerders doen in hulle Leierskap-sessie.
  • 18 Mei vanaf 16:00 tot 17:00: ‘n ‘Debrief’ geleentheid wat deur ons ‘Chaplain’, Pieter Roeloffse, gefasiliteer gaan word. Ons sal hier ook oor ‘n moontlike pad vorentoe gesels.
Registreer asb by louise@sg.org.za of info@legackayamandi.org teen 26 Mei