Hierdie is ’n uitnodiging om ’n finansiële vennoot te word van God se beweging in en deur Stellenbosch Gemeente.

Ons gee omdat God gee. Ons word genooi om te gee sóós God gee – uit oorvloedige en genadige liefde, sonder die aandrang om iets terug te kry. Ons gee vanuit gehoorsaamheid aan God. Ons verbind ons tot finansiële verantwoordbaarheid van jou bydrae. (As u op ‘n mobiele toestel gebruik en wil skenk, blaai asseblief na die onderkant van die bladsy.)

Ons finansiële verantwoordbaarheid

Daar is sisteme van kontrole binne SG wat verseker dat die geld wat jy gee verantwoordelik en oordeelkundig aangewend en bestuur word:

  • ’n Gemeenteraad (Raad van Ouderlinge) wat strategies rigting gee (Daan le Roux as Voorsitter)
  • ’n Bestuursraad wat weekliks die doelwitte en uitkomste bestuur (André Serfontein, Pieter Roeloffse, Deon Botha)
  • ’n Finansbeampte wat daaglikse kontrole toepas (Sandra Fourie)
  • ’n Finanskomitee wat syfers ontleed en advies gee (Jacques de Villiers, Jeanneret Momberg, Almero Strauss, André Serfontein, Sandra Fourie)
  • ’n Jaarlikse oudit van ons finansies deur die AGS van SA

Ons is verbind tot finansiële deursigtigheid – kom praat gerus met ons gemeentebestuurder indien jy enige navrae het.

Bankbesonderhede

Stellenbosch Gemeente
ABSA Bank Stellenbosch
Takkode: 632005
Rek nr: 407 377 8884