Erens langs die lewensreis van God-se-oppad-wees met jou is jy opsoek na ’n sintuiglike tasbare ervaring van hierdie verbintenis.

Soms ontstaan hierdie behoeftes vanuit sekere lewensfases en soms vanuit sekere lewens- of geloofservarings. Die doop óf selfs die doopherinnering was nog altyd die kerk se verbintenisritueel. ’n Viering van God se verbintenis aan ons en ons kies om te leef vanuit hierdie verbintenis. Kom gesels gerus met ons wanneer jy ’n behoefte het om die verbintenisritueel van die doop in jou lewe te vier.

Ons doen dit graag saam met jou!

Kontak info@sg.co.za.