Ons hoop om vanjaar ‘n ruimte te skep vir vrouens om saam te groei, vrae te vra, te kuier en kreatief te wees.
Ons nooi jou uit na ‘n jaar reis van 4 saamwees-geleenthede, een elke kwartaal. Jy hoef nie al vier by te woon nie, en as jy een (of twee) mis is dit nie die ergste nie, maar dit sal lekker wees om ‘n jaar lank as ‘n groep vrou saam te reis. Enige iemand is welkom, dit is nie eksklusief vir SG gemeentelede nie.
Ons inspirasie vir die jaar se temas is Brian Draper se 4 stappe van ‘Spiritual Intelligence: A New Way of Being’ en SG se visie…gooi kleur en tekstuur by en die reis saam word kleurvol en kreatief. Die goue draad deur hierdie temas is om in voeling te kom met ‘hier’ wees.
Wat om te verwag…
Gesprekke, kreatiwiteit en praktiese oefeninge vir mindfullness, ‘n tegniek wat jou leer om teenwoordig (hier) te wees, sodat jy ‘daar’ kan gaan, of in Brian Draper se woorde: “How ordinary people can nudge themselves to live on a daily basis with increasing integrity, wholeness and well-being – to become more spiritually intelligent”.
Ons vroue se visie vir die jaar is:
Christus, wat ons nuut laat kyk, sodat ons ons eie ‘hier’ kan raaksien, intensioneel kan leef en kan aangee aan ander en aan dit wat anders is.
Jy kan RSVP na Liesl – liesl@sg.org.za