INSPIRARE | to inhale – to breathe in

Inspirare is geleenthede om inspirasie te vind. Hierdie platvorm van worship en werkswinkels oor aktuele tema’s (wat telkens oor drie weke strek) gaan jou nooi om deel te neem aan God se bedoeling: om ons te vul met lewensasem en -energie (Hand. 17). Ons vind onsself dikwels daarsonder – veral in hierdie tye. Kom soek saam met ander na ’n ontmoeting met die Bron van asem terwyl ons saam aanbid of deelneem aan interaktiewe werkswinkels  wat die landskap van ons lewens verken.

Inspirare gebeur op Sondagaande – hou ons Dagboek dop om op hoogte te bly van geleenthede

  • Daar sal telkens meer as een werkswinkel gelykertyd plaasvind – jy kies sélf die een waaraan jy wil deelneem.
  • Jy is welkom om slegs te kom aanbid, of net die werkswinkel by te woon.
  • Dit bied aan jou die geleentheid om deel te neem aan aanbidding, sowel as kort werkswinkels gefokus op aktuele tema’s.

Navrae – info@sg.org.za