Ons het soms sterk oortuigings oor wat ons dink ons nodig het om ’n volgende tree te gee van groei, ontwaking, betekenis, heelword, konneksie.

En soms het ons geen idee wat om volgende te doen nie.

Wat as die volgende tree – van wat ookal – behels om dit nie alleen te probeer doen nie, maar SAAM? Wat as SAAM meer potensiaal inhou as wat ons ooit kan dink, want ONS kan iets skep wat ek nie alleen kan doen nie.

SAAM. So eenvoudig soos dit.

Hieronder kan jy die kleiner communities aandui saam met wie jy vanjaar wil reis. Wanneer jy ’n boksie tiek gaan jy bloot in die kommunikasiestroom beland van daardie groep, vanwaar jy kan deel word van inisiatiewe vorentoe.

[ Volg die skakel en voltooi die kort vorm om aan te dui waar jy vanjaar saam wil reis ]

Of word hier onder deel van ‘n WhatsApp-groep.

  • Saamreis met Stilte // Hierdie community verken kreatiewe, STIL ruimtes om God saam beter te leer. Die ruimte word gefasiliteer deur medewerkers, met die gebruik van onderskeidelik musiek, kuns, gedigte, skrifgedeeltes en die natuur. Daar gaan ’n maandelikse byeenkoms wees.
    [ Kliek hier: Word deel van die WhatsApp-groep om op hoogte te bly ]
  • Stapgroep // ‘n Groep wat lief is vir die natuur en avonture stap een ker per kwartaal saam in die berge van die Boland en Wes-Kaap. Die groep organiseer telkens ’n roete waar mense met verskillende vlakke van fiksheid – van nie-atleties tot heelwat-fiks – kan deelneem.
    [ Kliek hier: Word deel van die WhatsApp-groep om op hoogte te bly ]
  • Spiritualiteit & werk // Ons leef steeds met ’n dualisme tussen geloof en die res van ons lewe. Ons praat bv. van ons geloofslewe, asof dit geskei is van die res van ons lewe. Onbewustelik fragmenteer ons geloof tot ’n “geestelike” domain wat weinig invloed het op ons werkslewe. Ons het nodig om te ontdek hoe dit lyk om ons geloofsoortuigings en ons werk te integreer.Word deel van ‘n community, gefasiliteer deur Pieter, wat saam hierdie realiteit verken.
    [ Kliek hier: Word deel van die WhatsApp-groep om op hoogte te bly ]
  • Kleingroepe // Kleingroepe skep intensionele ruimtes waar ons mekaar se lewensreis en geloofsreis deurlopend probeer integreer. Ons leer wat dit beteken om Jesus sáám te volg, en vertrou dat ons gawes mekaar wedersyds verryk. Ons skep groepe sodra ons genoeg aanvraag het vir ’n nuwe groep, en ons is al hoe meer gretig om groepe saam te stel wat divers van aard is.
    [ Kontak Liesl ]
  • Jong Gesinne // Reis saam met ander gesinne met kinders tussen 0 en 5 jaar. Verken saam die fases, groei deur die uitdagings en leer saam nuwe rituele vir julle huwelik en gesinslewe.
    [ Kontak Deon ]
  • Laerskool kids (Graad 1-3) // Ons wil die ouers van hierdie kinders nooi om deel te word van ’n kommunikasiegroep en só deel te neem aan hierdie bediening: Ons skep ’n ruimte waar kinders deur spel, stories en aktiwiteite die Bybelverhale leer ken. Hulle ontdek en leer hoe daardie stories hul eie stories en geloof vorm en begin so ’n verhouding met Jesus bou. Hul ouers is deel van hierdie reis en bly die primêre deel van ons strategie.
    [ Kontak Deon ]
  • Tweens (Graad 4-7) // Ons wil die ouers van hierdie kinders nooi om deel te word van ’n kommunikasiegroep en só deel te neem aan hierdie bediening: In ons tyd saam verken vroeë tieners hoe om binne die konteks van ‘n kontemporêre kultuur hul geloof uit te leef. Ons fokus op hul identiteit in Christus, en help hulle om in die saamwees te ontdek hulle Jesus kan ken.
    [ Kontak Deon ]
  • Tieners (Graad 7-11) // Ons wil die ouers van hierdie kinders nooi om deel te word van ’n kommunikasiegroep en só op hoogte te bly van hierdie bediening: Ons nooi tieners na gesprekke waar ons eerlik raak oor die geleenthede en uitdagings om Jesus te volg vandag. Dit is ’n ruimte waar ons saam worstel en twyfel, saam die lewe ontsyfer, en graag heilige koeie op hul kop draai! Ons wil saam groei en ’n verskil maak in ons konteks.
    [ Kontak Deon ]