Sacred Conversations

Saam met sy span by die Institute for Creative Conversation het Trevor Hudson ‘n kursus ontwikkel wat uit drie modules bestaan: Sacred Conversations 1, 2 & 3. Dit is ‘n praktiese kursus, met heelwat interaksie wat fokus op alledaagse gesprekke, hoe ons na mekaar luister (en nie luister nie!), maar ook hoe dít wat God vir ons wil sê dikwels in gewone gesprekke vasgevang is.

Sacred Conversations 1 (‘n 7-week-reis saam met ander)
Module een fokus op gesprekke met mekaar en is ‘n uitnodiging om iets van jouself en ander te ontdek in Jesus se interaksie met die mense om hom.

Sacred Conversations 2 (‘n 6-week-reis saam met ander)
Module twee fokus op my gesprekke met God, ontdek kreatiewe maniere waarop jy tyd met God kan spandeer. ‘n Groot fokus op gebed in hierdie module.

Sacred Conversations 3 (‘n 6-week-reis saam met ander)
Module drie fokus op my gesprekke oor my eie lewe in God se wệreld. Ontdek God se roeping vir jou lewe en probeer dié belangrike vraag antwoord: “Hoe ontdek ek God se wil in my alledaagse lewe?”.

Dit is praktiese en toeganklike werkswinkels, aangebied deur ervare en passievolle medewerkers, wat jou persoonlike reis met God sal verdiep, maar ook ‘n groter bewustheid skep vir hoe jy na die mense om jou luister saam met wie jy daagliks reis.

Vir meer inligting kontak info@sg.org.za.

Enneagram

Most of the shadows of this life are caused by standing in one’s own sunshine.
– Ralph Waldo Emerson

Die Enneagram is ‘n antieke model wat gebruik word binne verskeie kontekse reg oor die wêreld. Die Enneagram verwys na die 9 verskillende Enneagram Style. Elkeen van hierdie style verteenwoordig ‘n wêreldsiening en argetipe wat dan resoneer met die manier waarop ons dink, voel en optree in verhouding met onsself, ander en met die wêreld.

Die Enneagram is baie meer as net ‘n persoonlikheidsprofiel, dit bied insig in ons kern persoonlikheidseineskappe, en delf diep in ons kern motiverings, verdedigingsmeganismes en vrese, wat baie keer in die onder bewuste lae van ons persoonlikheid dwaal.

Hierdie werkswinkel is ontwikkel rondom o.a die volgende vrae:

  • Wat is my potensiaal en wat hou my terug?
  • Hoekom is dit asof ek my goed bedoelde intensies self saboteer?
  • Hoe kan ek die veranderinge waarvan ek droom self onwikkel en uitvoer?

Vir meer inligting kontak info@sg.org.za.

Strengthsfinder

Hoe weet ek wat my talente is?

Ons is elkeen deurlopend op reis met onsself, ‘n ontdekkingsreis! Ons wil jou graag bemagtig deur werkswinkels en groeigeleenthede wat jou help om jou selfkennis te verbreed en jouself te sien soos God jou gemaak het.

Strengthsfinder is ‘n internasionale kursus wat jou help om jou Godgegewe talente te identifiseer en rus jou ook toe met die vaardighede om hierdie talente tot “strengths” te ontwikkel in jou lewe. Die kursus behels ‘n uitgebreide aanlyn assessering van jou talente, twee interaktiewe sessies en ’n persoonlike gesprek met ’n opgeleide fasiliteerder.

Registrasie vir kursusse/werkswinkels is noodsaaklik.

Vir meer inligting kontak info@sg.org.za.

Ons trou wat nou

‘n Werkswinkel vir verloofde, verliefde en getroudes. Daar is ses sessies en paartjies word aangemoedig om saam al hierdie sessies by te woon.

Sandra – 15 & 22 Okt (een van kernleiers geen ’n intro)
André – 25 (online) & 29 Okt
Deon – 5 Nov
Pieter – 12 Nov

Sessie 1 – 15 Oktober (Sandra Fourie)
– Die strengths van verhouding 1 (Strengthsfinder)
Sessie 2 – 22 Oktober
– Die strengths van verhouding 2 (Strengthsfinder)

Sessie 3 – 25 Oktober (André Serfontein)
– (Aanlyn) Die soeke na ‘n ‘significant other’ – Teologiese raamwerk vir verhoudings
Sessie 4 – 29 Oktober
– (Aanlyn) Die uitdaging van echad

Sessie 5 – 5 November (Deon Botha)
– Kommunikasie

Sessie 6 – 12 November (Pieter Roeloffse)
– Seksualiteit & Spiritualiteit

Besprekings is noodsaaklik, bespreek jou plek hier:  info@sg.org.za