Wil jy graag jou geloofsreis met ander mense deel? Het jy ‘n behoefte om saam met ander gelowiges te kuier, Bybel te lees en te bid? Indien wel, is ‘n kleingroep dalk net die ding vir jou.

Stellenbosch Gemeente se kleingroepleiers moedig lede aan om hulle lewens met mekaar te deel en vir mekaar te sorg. Soos die Vader, Seun en Gees in verhouding met mekaar is, glo ons moet mense ook in verhouding met mekaar wees. Op hierdie manier ervaar mense geborgenheid, aanvaarding en vriendskap. Hulle kry die geleentheid om te groei, gehoorsaam te wees aan God, om soos Jesus te word, en ander mense te dien.

Kleingroepe bestaan gewoonlik uit ses tot twaalf lede wat weekliks bymekaarkom. Dit verskil egter in grootte, ouderdom, samestelling en werkswyse. Elke kwartaal (of volgens behoefte) ‘n hou ons ‘n kleingroepwegspringgeleentheid waar mense na mekaar luister, en nuwe groepe vorm.

As jy deel wil wees van ‘n kleingroep, stuur ‘n e-pos aan info@sg.org.za.