Daar is vreeslik baie te sê vir die rol wat maaltye speel tydens Jesus se bediening. Terwyl ons liggame gevoed word, word ons gees ook gevoed deur die geselskap en aard van ons saamwees.

Daar is vreeslik baie te sê vir die rol wat maaltye speel tydens Jesus se bediening. Terwyl ons liggame gevoed word, word ons gees ook gevoed deur die geselskap en aard van ons saamwees. Ons community hou van kuier en, natuurlik, is dit ook ‘n geleentheid vir konneksie of re-konneksie met mekaar.  Grendeltyd het ons verhoed om met hierdie kuiergeleenthede voort te gaan, maar ons hoop om binnekort weer saam om tafels te sit.

Dit kan soms moeilik wees vir nuwe mense om deel te word van ons community. Ons wil graag maniere vind hoe nuwe (en ouer) lidmate makliker kan voel hulle behoort aan SG en dat dit vir hulle ’n tuiste kan wees, ons saamkuier-geleenthede is een so ‘n inisiatief.

Ons is oortuig dat SG se waarde van gasvryheid die hele gemeente sterker kan saambind as ’n eenheid.