Practicing the way | Sabbath saam met Pieter Roeloffse
gebasseer op John Mark Comer se boek: Practicing the Way
Een van die uitdagings in my eie geloofsreis is om die wonderlike goed wat ek oor die Jesus-beweging glo, dink en bepraat met my hele lewe te integreer. Ek wil jou nooi om saam met in die maande wat kom op ‘n ontdekkingsreis “Practicing the way” te gaan. My oortuiging is dat Jesus se woorde van Matt 11:28-29, soos wat Peterson dit vertaal, ook vir ons waar is: “Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace…” Ons begin met twee fondasie-gewoontes vir ons lewens, nl. Sabbat & Gebed waarna ons in die stof van dissipelskap ons identiteit gaan herontdek.
Ek nooi jou dus na die eerste tree: Kom saam met my op ’n vier weke Sabbatsreis waar ons die ou gewoonte van Sabbat (Stop | Rest | Delight | Worship) met ons lewens integreer deur dit saam te ontdek en te beoefen.
Video trailer/invite:
Practicing the way | Sabbath
- Stop | 21 April 17:30-19:00
- Rest | 28 April 17:30-19:00
- Delight | 5 Mei 17:30-19:00
- Worship | 12 Mei 17:30-19:00
Dit sal goed wees indien jy vir 4 weke kon saam reis, maar jy is steeds welkom al kan jy net ’n paar van die sessies bywoon. Ons mag dalk ook die venue skuif, maar ons hou jul op hoogte.