Becoming Human | ‘n Reis oor Versoening

Becoming Human is ‘n groepsreis wat bestaan uit 12 sessies. Hierdie handleiding is onlangs saamgestel deur ‘n groep swart, bruin en wit Suid-Afrikaners en daarom direk van toepassing op ons werklikheid in Suid-Afrika vandag. Hulle passie is om dié wie bevoordeel is deur die wette van die verlede, te help verstaan wat die implikasie van ons land se verlede steeds is. Hulle help ons ook om te sien hoe die werk van werklike herstel van skeuring en skade kan lyk. Kom stap saam met ons op hierdie reis van versoening. Enige iemand is welkom, nooi gerus mense van buite die gemeente wat sal wil saamreis.

  • Die werkswinkel strek oor 12 sessies, een sessie per maand, elke laaste Donderdag van die maand.
  • Indien jy nog onseker, kom kuier die Inleidende sessie saam en besluit daarna of jy saam reis.
  • Donderdag, 26 Februarie – 18:30 by die Kerkkantoor.

[ Word deel van die WA-groep ] 

 

Word deel van ons reis binne SG om met groter verwondering tuis te kom en te leef met diversiteit van mense in ons lewe:

  • Versoeningsgesprek’n oop, veilige saam-gesels ruimte oor die wonders, uitdagings en misverstande oor ras en diversiteit. Donderdag 12 Feb om 18:30 by kantoor [elke 2e Do van die maand]

  • Becoming human’n werkswinkel wat doelbewus geloof en diversiteit in gesprek bring met mekaar. Donderdag 26 Feb om 18:30 by die kantoor [elke laaste Do. van die maand]

  • Church walk’n pelgrimstog deur die geskiedenis van Stellenbosch en ons storie.    Sat 21 Mrt 8:00-12:00, vanaf Aunt Sophie by die Ou Landbou-saal.

[ Volg hierdie skakel om deel te word van die WA-groep ]