Dit is weer tyd vir die volgende vroue-aand en om as vroue saam te gesels.

Soos julle weet gaan ons hierdie jaar op reis met vier VROUE uit die boek van Lukas, in die Nuwe Testament, en op Sondag-aand 27 Augustus gesels en leer ons oor Maria van Betanië en hoe haar IDENTITEIT in Jesus gevorm was.

Ons gaan ook weer kreatief wees en SAAMwerk aan stukkies van ‘n kunswerk, wat DEEL sal vorm van ‘n finale groter kunswerk aan die einde van die jaar. Jou klein deeltjie is soos altyd vir ons baie belangrik.

Jy hoef niks van kuns af te weet om deel te neem nie, en dit is heeltemal reg as jy nie voorheen by een van die geleenthede was nie. Kom net, ons wil graag saam met jou kuier!

  • Tema: Die dankbaarheid van Maria van Betanië
  • Wanneer: Sondag 27 Augustus
  • Tyd: 18:00 – 20:30
  • Prys: R150 pp
  • Plek: Sal binnekort bevestig word

Kontak vir Liesl@sg.org.za vir navrae en besprekings, of

[ Bespreek jou plek hier ]

Hoop om jou daar te sien!