“CliftonStrengths Answers, “Who Am I?”

We’ve all wondered who we are and what makes us unique.

The CliftonStrengths assessment answers those questions. This online test (formerly named the Clifton StrengthsFinder) measures the intensity of your talents in each of the 34 CliftonStrengths themes. These 34 themes represent what people do best. They categorize all that’s right with humankind — distilled down to 34 different themes.”

Om jou Godgegewe talente te ontdek en verstaan is ‘n skakel tot ‘n lewe wat iets beteken in jou gesin, jou verhoudings en in jou beroep. Vir my was die belangrikste verhouding wat Strengthsfinder begin herstel het, die verhouding met MYSELF. ‘n Essensiële stap in my eie verstaan van myself en my ‘plek’.

Ons nooi jou om die stoflagie oor jou natuurlike en Godgegewe talente af te stof en jou perspektief te gee op jou gawes! Deur middel van Strengthsfinder, ontwikkel deur die internasionale navorsingsinstansie Gallup, gee ons die eerste paar treë saam met jou.

Jy mag dalk skepties wees oor ‘n aanlyntoets, 34 talent-temas wat in volgorde volgens jou menswees rangskik word! Ek neem jou nie kwalik nie…Hierdie ontdekkingsreis het al huwelike gered, verhoudings en onbevredigende loopbane in ‘n ander rigting gedraai. Dit is nie net ‘n voertuig vir persoonlike ontwikkeling nie, maar word internasionaal in die korporatiewe wêreld gebruik vir verhoogde produktiwiteit en effektiwiteit in bestuur- en personeelspanne. SG het as span ook deur die jare baie hierop gesteun, nie net om mekaar se rolle te verstaan binne ons daaglikse funksionering nie, maar ook met die uitleef van ons roeping.

Strengthsfinder word aangebied deur gemeentelid, Eileen Herreilers. Eileen is ‘n ervare groepfasiliteerder, kommunikasiekonsultant vir korporatiewe instansies en ‘n geakrediteerde Strengthsfinder coach. Sy is absoluut passievol om individue en spanne hulle volle potensiaal te laat bereik!

Gesels met my (Marissa) vir meer inligting, as jy wonder of dit van waarde vir jou sal wees (100% JA) en wat dit vir my persoonlik beteken het.

Gallup se fokus is sedert 1935 (!) op insiggewende en betroubare navorsing oor gemeenskappe, organisasies, leierskap en individuele ontwikkeling – lees hier meer.