Spiritualiteit & werk // Ons leef steeds met ’n dualisme tussen geloof en die res van ons lewe. Ons praat bv. van ons geloofslewe, asof dit geskei is van die res van ons lewe. Onbewustelik fragmenteer ons geloof tot ’n “geestelike” domain wat weinig invloed het op ons werkslewe. Ons het nodig om te ontdek hoe dit lyk om ons geloofsoortuigings en ons werk te integreer.Word deel van ‘n community, gefasiliteer deur Pieter, wat saam hierdie realiteit verken.

 

Inspirare | Deurleef – op soek na die betekenis van werk

  • 13 Aug |  God se plan met werk
  • 20 Aug |  Ons probleem met werk
  • 27 Aug |  ’n Tweede asem…vir werk

By kerkkantoor, Heroldstraat 15  – 18:00-20:00

[ Registreer hier ]

Meer oor die werskwinkel:

Is werk nou maar deel van die sondeval se “In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet…” straf?

Hoekom werk jy? Waarvoor werk jy? Hoe werk jy? Hoe lyk betekenisvolle werk? Hoe gemaak wanneer jou werk die lewe uit jou wurg?

In hierdie eerste inspirare werkswinkel oor geloof en werk soek ons saam na die lewe in oorvloed op die markplein van jou werkslewe.

Ons soek na God se plan met werk; Ons probleem met werk en; ’n Nuwe asem van inspirasie waaruit ons meer betekenisvol kan werk.

[ Registreer hier ]