SG-Stapgroep slaap oor op Stellenboschberg
Die jaar van storms het verby geflits. Wat bly oor anders oor as om bergwaarts te keer en onder die sterre te gaan stilte vind?
Die SG-stapgroep sluit die jaar se saamstap af met ’n oorslaap op Stellenboschberg. Hierdie is ’n unieke ‘bucket-list’ ervaring wat jy dalk nie sommer op jou gaan aanpak nie. Kom beleef saam met ander ’n inspirerende ervaring onder leiding van Pieter Holzthausen (’n passievolle gids met dekades se ervaring in die berge).
Dit gebeur op Saterdag 4 November vanaf 09:00 die oggend. Jy sal min of meer 11:00 die volgende oggend weer terug wees op die aarde!
Ons bied drie opsies, wat dit weereens vir minder ervare of fikse stappers ook moontlik maak om deel te neem:
1. Die eerste kampplek so 2/3 van die pad op teen die berg naby die water. Op die staptog het ons 12 rusplekke teen die steilte, en ons vat hom stadig een vir een. Kom al is jy bang!
2. As ons baie is kan die wat bietjie meer stilte soek verder stap tot heel bo en kamp op die boonste vlakte reg onder die piek. Julle sal water bietjie verder moet opdra.
3. As daar behoefte is kan dié wat dieper wildernis soek saam kom vir ‘n kort bergsolo in die grootheid daar buite.
Sluit aan by die WhatsApp-groep van diegene wat saamstap deur op die skakel te kliek, of kontak vir Marissa of André vir meer inligting.
[ As al hierdie vir jou wonderlik klink kom join ons groep hier ]