Saterdag die 16de Julie stap ons by Mont Rochelle in Franschhoek. Die reservaat is bo op Franschhoek pas, so mens begin vinnig hoog en betree die berg sommer met die intrapslag. As ons gelukkig is vind ons dalk bietjie sneeu! Maar dan kry mens ook dalk reën…

Soos die vorige keer gaan ons weer die groepe verdeel in drie volgens behoeftes, met almal wat saamkom en saamstap op ‘n punt. Ons het drie groepe: Heel-wat-fikeses, Medium en Nie-atleties.

Die oggend 7:00 kom ons bymekaar by die Hugenote monument in Franschhoek. Die Heelwatfikses begin van daar met Cat se pad op na Mont Rochelle. Die Medium en Nie-atletiese groepie klim weer in die karre en ry op tot by parkering bo op die pas. Medium loop rustig saam met Nie-atleties tot by Uitkykpunt (baie mooi daar). Teen daai punt join Heelwatfikses op, uitgewoed. Hier vind ons die samekoms oomblik en vir mekaar! Medium en Heelwatfiks klim dan verder opwaarts met die Perdekop loop. Nie-atleties stap rustig af op selfde pad wat hulle opgestap het. Geen klouter 🙂 Na Perdekop se summit kom Medium en Heelwat weer af tot by die parkeerterrein. Heelwatfiks vat weer Cat se pad af tot onder met ‘n draffie.

Die roetes lyk soos volg:
Heelwatfiks (op ‘n drafstap): 23km (1600m klim), 4A
Medium: 14km (1000m klim), 3A
Nie-atleties: 7km (400m klim, nie te steil), 2A

 

Vir verdere inligting:

https://www.alltrails.com/trail/south-africa/western-cape/perdekop-via-uitkyk?p=-1