Soms voel die voorbeeld en woorde van Jesus so verkeerd-om vreemd. Ons dink ons verstaan: hoe die lewe werk; wie suksesvol is; wie geseënd is; wie naby aan God is; hoe die mooi en goeie lewe lyk…En dan begin Jesus Sy riglyne vir die koninkrykslewe met woorde wat alles omkeer: “Geseënd is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.”
Skielik besef ons: Die Koninkryk van God werk anders, en dit is vir ons gekondisioneerde manier van dink, kyk en leef moeilik om hierdie verkeerd-om lewe te verstaan, te vertrou en te leef. Kom kry Sondag saam met ons helderheid oor die onbegryplike.
…
Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse.
.
Podcast: Download (36.6MB)
.Of kyk hier saam:


