Vandag saam met SG

  • 10:00 Oggenddiens & Kinderkerk
  • 18:00 Tienerkerk (Alpha-kursus) by die skool se Klubhuis
  • 18:00 Inspirare saam met Pieter – Die Bybel: ‘n boek van wonder(s)?!

Grond…? – Pieter Roeloffse

“Oor die eeue sien ons die spore van God se beweging. Soms baie duidelik, soos broodkrummels langs die pad. Soms is dit ‘n botsing, soos ‘n ou vergete cultivar wat jou verras. Ons herken hierdie beweging soms selfs as ‘n polsslag in ons are.

Om Sy beweging al meer te herken in die stof van ons alledaagse wil ons agterkom wat is die oorsprong daarvan: WAAROM en WAARTOE beweeg God, soek Hy ons op en sleur ons mee in Sy beweging?

In die afsluiting van die reeks GROND wil ons deur die tekens van brood en wyn dié oorsprong van God se beweging betree.”

Kyk hier saam of luister na die potgooi op Apple Music en Spotify. Die lewendige diens se skakel word net voor die diens gestuur. As jy hierdie boodskap ook per WhatsApp wil ontvang stuur asb jou naam en nommer na 076 400 9995