Vanoggend se diens, saam met gasprediker Dion Forster, is nie vooraf opgeneem nie, maar ‘n regstreekse (Livestream) diens. Jy kan die diens 10:00 saam kyk, of enige tyd daarna. Die klankbaan ook later as gewoonlik beskikbaar. |
SONDAG SE GASPREDIKER | DION FORSTER |
Ons sien uit na Prof. Dion Forster se preek Sondagoggend. Dion is tans direkteur van die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie en ook voorsitter van die departement Sistematiese Teologie en Ekklesiologie by die Universiteit Stellenbosch. Hy is ook skrywer van ‘n hele aantal boeke, waarvan die nuutste ‘n boek is wat skryfstukke van verskeie navorsers en skrywers insluit nl. Reconciliation, Forgiveness and Violence: Biblical, pastoral and ethical perspectives(Beyers Naudé Centre Series on Public Theology). |