Hierdie Sondag saam met SG

STORIELYN…Waar is ons? | Pieter Roeloffse

Vandag se preek is nie vooraf opgeneem nie en word om 10:00 lewendig uitgesaai op ons YouTube-kanaal volg gerus die skakel hier onder. Die diens is dan ook ná 10:00 beskikbaar.

10:00 – Oggenddiens – Geen kinder- of Tienerkerk agv die langnaweek

Die Storielyn van Jesus se opstanding word geplaas binne ’n baie spesifieke plek met die uitnodiging “Gaan na Galilea…daar sal hulle my sien.” Hierdie woorde boender ons uit die binnekamer vakuum van ’n opstandingsgeloof en plaas ons in die doodgewoon alledaagse van ’n opstandingslewe. Soos Eugene Peterson dit stel “God’s great love and purposes for us are all worked out in messes in our kitchens and backyards, in storms and sins, blue skies, the daily work and dreams of our common lives. God works with us as we are and not as we should be or think we should be. God deals with us where we are and not where we would like to be.”

Kom stap saam, terug na elke plek waar jy leef op die spoor van die Nuwe Lewe.

[ Kyk die preek hier ]