Vandag saam met SG
Lydenstyd — oor stof en lig
Ons betree daardie tyd van die jaar dat die son op ’n laer trajek deur die stof-verwaaide Boland sy gang gaan. Dit is in hierdie stowwerige, verlang-na-reën tyd, dat die lig meer gereeld teen ’n laer, sagter trajek ons lewens inskyn en jy aan die eenkant die stof se fladder in die lig kan sien en aan die anderkant, juis op die weerspieëling van die stof en ons stoflikheid, die lig self kan sien.
Dit is vroegherfs-tyd — lydenstyd.
Die tyd van bewus raak van stof en lig en ons volg die dalende lig op pad na die kruis, die donker en die nuwe dag. Ons bid ons saam met Van Wyk Louw na hy die Stellenbosch se vroegherfs so mooi beskryf het:
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
Laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en ver was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat u wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.
Podcast: Download (34.7MB)
Kyk hier na die preekopname:
Of kyk hier na die lewendige diens van 10:00 af: