Gesprekke met gemeentelede het ons nuut laat dink oor die preke wat aanlyn aangebied word. Verlede week was dus ons laaste voorafopgeneemde video-preek.
Van komende Sondag af sal daar slegs ‘n audio/klankbaan van die preek voor die tyd beskikbaar wees, en die in-persoon-diens (livestream) word meer persoonlik vir aanlynkykers, met behulp van ‘n ekstra kamera of twee.
Waar kry jy die klankbaan?
Hier, op ons webblad onder preke
Op die aanlynplatform waar jy gewoonlik na ‘n potgooi luister (Apple of Spotify) soek @StellenboschGemeente
Gee gerus terugvoer oor jou ervaring van die veranderinge, dit help ons!