Vandag saam met SG
In ’n gesprek met Nikodemus, oor sy vrae oor die Gees, sê Jesus vir hom “Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.” (Joh 3:8). Dit is nie so maklik om ’n greep op die Wind te kry nie — maar jy kan Sy beweging volg. In hierdie reeks uit die boek Handelinge volg ons die eerste beweging van die Gees-Wind met die verwagting om ons seile vandag in dié Wind te span. Kom word saam met ons meegevoer deur die Gees se ewige beweging.
Kom in die Wind!
Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse.
.
Of kyk hier saam:

