Wondertekens…STORM
Johannes kies en rangskik net sewe van Jesus se sowat 30 wonderwerke. Hy noem dit wonder-tekens. Wonderwerke is tekens wat ’n nuwe realiteit aankondig. Tekens wat verdwaalde mense in die regte rigting wil wys. In Joh 20:30-31 skryf hy dat Jesus nog baie ander wondertekens gedoen het “Hierdie wondertekens het ek beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê”
Kyk hier saam of laai die klankbaan hier bo af, jy kan die preek ook as potgooi luister op jou gunsteling platform.
Navrae: info@sg.org.za