Jesus leer sy volgelinge oor God se Koninkryk (sy toekomsideaal) en sê vir hulle dit gaan só: “Iemand saai die saad op die land en gaan slaap en staan op, dag na dag, en die saad ontkiem en groei – hóé weet hy self nie.”Daar is duidelik iets aan die gebeur op die landskap van die alledaagse waarvan ons nie aldag bewus is nie.
- Waarmee is God besig?
- Hoe raak ons daarvan bewus?
- Waarom sal ons in voeling wil kom met hierdie beweging van God?
Ek hoop ons kan in hierdie erediens saam verwonderd raak oor God se verbintenis tot die wêreld – en ons elkeen – se transformasie.
— — — — — —
Vrae
Verbeel jou jy is die iemand in die gelykenis… Hoe kan jy van God se teenwoordigheid bewus raak?
– Op watter gewone landskap sukkel jy om God se teenwoordigheid te herken?
– Wat kan jy doen om die kapasiteit te bou om God te herken?
– Watter tekens is daar op hierdie landskap van sy teenwoordigheid?
———
Hoe kan jy deelneem an God se beweging?
– Watter random acts of kindness kan jy daar doen?
– Watter aanduidings is daar dat God reeds teenwoordig is?
– Watter saad kan jy help oes? Vir watter aksie/respons vra dit?
———
Verbeel jou jy is die saad in die gelykenis…
– Glo jy dat jy nog in wording is?
– Glo jy dat dit die werk van God (se Gees) in jou is?
– Tot watter mate probeer jy dit self doen? Watter poging moet jy prysgee (oorgee)?
– Hoe kan jy meer bewus raak van God se beweging in jou?
– Watter vorming begeer jy? Vir watter gebed vra dit?
– Hoe lyk ’n gepaste respons op God se beweging in jou lewe?
———
Hoe raak ons verwonderd oor die oortuiging dat God se Koninkryk soos hierdie gelykenis is?
— —
Kyk hier saam, luister na die potgooi op die webblad, Spotify of Apple Music. Jy kan ook deel wees van die werklike diens om 10:00 deur die livestream skakel te volg wat ons later op die WhatsApp-groep deel.
[ Word deel van die WhatsApp-groep ]Navrae: info@sg.org.za
Kyk hier na die volledige Sondagdiens: