Vandag saam met SG
⁠10:00 Erediens, Kinderbediening begin!
⁠11:15 Boerie-braai, as jy nie geRSVP het nie, kom kuier en eet steeds saam, daar is altyd genoeg om te deel!
⁠17:00 Tienerkerk in die Klubhuis

In ’n gesprek met Eugene Peterson oor die opstanding vra hulle vir hom wat oortuig hom van die opstanding. Sy antwoord, twee dinge: “Simply Jesus…” en “I’ve seen it too many times, not to believe it.” Dadelik maak dit die opstanding soveel wyer, groter, dieper — soveel meer tasbaar en minder abstrak as wat ek nog altyd gedink het. Dit laat jou wonder “Waar het ek onlangs die opstanding, die nuwe God-bedoelde lewe, in lewende lywe gesien of ervaar?” Kom gee die eerste tree saam met ons in die nuwe reeks “Herken die opstanding”.

…

Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse.
.

Play
.

Of kyk hier saam: