P A A S N A W E E K
.
Fisiese & aanlyndienste op Goeie Vrydag om 9:00 en Sondag om 10:00. Kyk of luister saam na die diens op ons YouTube-kanaal, webblad of as potgooi op Spotify of Apple Music.

Josh Garrels sing “Turn your eyes upon Jesus” en dit klink vandag so sielvol reg, maar dit klink ook, wanneer jy dalk ’n oomblik verder hieroor dink, verwarrend verkeerd om te sing
“Turn your eyes upon Jesus |
look full in His wonderful face |
and the things of earth will grow strangely dim |
in the light of His glory and grace.”

Dit klink reg want ons glo daar is iets groter, belangriker, dieper as hierdie “things of the earth” en daarom kom ons vir ’n oomblik eenkant om verby al ons aardse geskarrel ons gesig na Hom te draai.

Dit klink verkeerd want Jesus is juis die Een wat ons aardsheid betree, wat so aardig is, so gefokus is op die wêreld en die verlossing van die wêreld. Hy word tog juis deur God gegee omdat God die wêreld so liefhet.

So, mag ons vandag — wanneer ons mekaar wil herinner aan die aard van die kruis — weer die volle wonder van Jesus se kruis onthou en mag “the things of earth” en ons lewe nie sommer net vaagweg op die agtergrond verdwyn nie maar juis fyn-skerp in fokus kom. – Pieter Roeloffse

— — —

Ons gaan saam nagmaal gebruik. ​

Kry dus gerus vir jou​ brood en wyn​ ’n skryfding, gespreksgenoot of spasie vir refleksie​.