– André Serfontein
. ON BEING: Gesprek tussen Krista Tippet en Gregory Orr Die digter, Gregory Orr, het as 12-jarige seun ’n buitengewone trauma beleef. Hy het tydens ’n jagekspedisie saam met my sy pa per ongeluk sy jonger broer doodgeskiet. Hy vertel dat hy daarna ’n lewe betree het sonder sin. Met tyd het hy ontdek dat woorde – meer spesifiek die kunsvorm van lyric poetry – hom ’n struktuur gee waaraan hy sy ervaring kon koppel, en waarbinne sy trauma en lyding vasgehou kan word. “Lyric poetry is a formal type of poetry which expresses personal emotions or feelings, typically spoken in the first person.” – Wikipedia Ek dink hierdie podcast konfronteer ons om eerlik te raak oor die ervarings van trauma, gebrokenheid en lyding wat ons beroof van sin en betekenis, en om onsself dan uit te daag om ’n medium te vind wat hierdie ervarings kan vashou en kan transformeer na iets lewegewend. “To be alive: not just the carcass Hoe word dit gestruktureer? Ons wil jou uitnooi om hierdie skakel aan iemand anders te stuur om ook te luister, en dan êrens met daardie persoon in gesprek te gaan en te reflekteer oor die waarde wat die podcast vir julle gehad het. Waarom ’n fokus op ‘podcasts’? ’n Podcast is ’n waardevolle geleentheid vir gesprek, al sê jy nie ’n woord nie. Dis ’n manier van luister na die perspektiewe en insigte van ander, op só wyse dat jy in jou gees en gedagtes saamgesels. Die gesprek leer jou luister, maar help jou ook om woorde te gee aan jou eie denke en oortuigings. |