Opstandingsondag saam met SG

Erediens om 10:00Die aard van Opstanding

Vandag se diens is NIE vooraf opgeneem nie, maar jy kan op YouTube na die diens kyk sodra dit om 10:00 begin. Skakel volg hier onder.

“Te dikwels verskraal ons die opstanding van Jesus tot ’n antwoord op die lewe na die dood. Die ironie is dat meeste Joode, buiten die Saduseërs, reeds geglo het in die lewe hierna. Wat beteken die opstanding van Jesus dan, wat is die aard van die opstanding? Clarence Jordan se woorde sit ons dalk op die regte spoor “The proof that God raised Jesus from the dead is not the empty tomb, but the full hearts of his transformed disciples. The crowning evidence that he lives is not a vacant grave, but a spirit-filled fellowship. Not a rolled-away stone, but a carried-away church.” Kom vier Sondag saam met ons die lewe en word meegevoer deur die hartklop van die opstanding van Christus.” – Pieter Roeloffse

kyk hier na vandag se diens