“Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” Spr 4:23
“Die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie!” Markus 1:15
“It is only with the heart that one can see rightly; what is essential is invisible to the eye.”
uit The little prince
Die beweging van jou hart (n.a.v Desiring the kingdom– James K.A Smith)
- Kulturele gewoontes vorm subtiel my begeertes
- My begeertes vorm my idee van die goeie lewe
- My idee van die goeie lewe vorm hoe & waarvoor ek leef
- Koninkryksgewoontes hervorm my begeertes
- Herskepte begeertes herskep my idee van die goeie lewe
- Die herskepte idee van die goeie lewe leer my om God se heerskappy met my hele lewe te soek, te vertrou & te leef.
Ons lewens word voortdurend gevorm deur die dampkring waarbinne ons leef. Die rituele, gewoontes en stories van ons kultuur vorm baie subtiel wat jy liefhet en begeer — die taal van jou hart. Hierdie taal van jou hart vorm hoe jy die lewe sien en hoe jy leef.
Jesus nooi ons:
- om wakker te word vir hierdie subtiele magte wat ons liefdes vorm;
- te sien waar dit nie lewegewend is vir alles en almal nie;
- om om-te-draai en te leer om die lewe van Sy lewegewende leefstyl te herken en te volg.
Sewe treë nader aan ’n koninkrykslewe
1. WORD BEWUS — Wat vorm my?
Watter gewoontes, rituele, stories, media, mense of omgewings is deel van my lewe?
2. BEDINK — Hoe vorm dit my? Wat leer dit my om lief te hê?
Wat leer hierdie kultuur my om te begeer, te waardeer, te vrees of belangrik te ag?
3. ONDERSKEI — Watter tipe lewe dien dit?
Watter idee/prentjie van “die goeie lewe” lê agter hierdie begeerte? Weerspieël dit die lewegewende beweging van God vir alles en almal — óf die dominante kultuur van ons tyd?
4. BEKEER — Waarheen nooi Jesus my om te draai?
Waar het ek toegelaat dat hierdie dominante kultuur my hart in beslag neem? Waarvan nooi Jesus my om weg te draai?
5. HERBEGEER — Wat wil Jesus hê moet ek leer liefhê?
Omskryf die lewe wat Jesus, deur stories en hoe Hy leef, bekend maak? Na watter elemente van hierdie lewe nooi die Gees my?
6. OEFEN — Watter klein Koninkrykspraktyk kan ek begin?
Kies een konkrete en herhaalbare praktyk wat jou hart kan leer om hierdie Koninkryks-begeerte te laat groei.
7. DEELNEEM — Waar kan ek hierdie week die Koninkryk beliggaam?
Waar kan ek hierdie begeerte hierdie week uitleef ter wille van ander en deelneem aan dit wat God reeds besig is om te doen?
MY EEN GEWOONTE
1. Die lewegewende begeerte wat ek aanvoel Jesus in my wil laat groei:
2. Die een Koninkryksgewoonte wat ek hierdie week gaan beoefen:
3. Wie kan bystaan of saam met my oefen:
Boekaanbevelings:
- Desiring the kingdom– James K.A Smith
- You are what you love – James K.A Smith (Te koop by die kerkkantoor)

