Manne-groep // ’n Groep mans kuier maandeliks saam met ’n glas wyn in die hand en gesels oor die kwessies wat mans inspireer en uitdaag, beskou deur die lens van holistiese spiritualiteit.
[ Kliek hier: Word deel van die WhatsApp-groep om op hoogte te bly
Sondag 17 September vanaf 18:00 – 20:00
Plek: Sal bevestig word
As elke tweede een van julle ‘n bottel wyn bring is ons gesort (wat oorbly hou ons vir ‘n volgende kuier).
Waaroor gesels ons dié maand?
Na aanleiding van ‘n versoek tydens die vorige gesprek gesels ons Sondag oor die woord “genoeg”. Dink bietjie na oor hierdie woord:
– Wanneer het ‘n mens genoeg? Wie bepaal dit? Waar beleef jy dit?
– Hoe voel dit om nie genoeg te hê nie? Wat doen dit aan jou?
– Wanneer ís ‘n mens genoeg? In watter areas van jou lewe voel jou ‘being’ vir jou voldoende?
– Op watter terreine voel jy dat jy nie genoeg ís nie? Watter effek het dit op jou? Wat maak ‘n mens met hierdie oortuiging?