Dit is tyd vir die laaste vroue-aand van hierdie jaar en hierdie keer gaan ons feesvier!
Soos julle weet het ons hierdie jaar op reis gegaan met vier VROUE uit die boek van Lukas, in die Nuwe Testament, en op Sondag-aand 29 Oktober, gesels en leer ons oor Maria, Jesus se ma, en hoe haar IDENTITEIT in Jesus gevorm was.
Soos elkeen van die vorige aande gaan ons kreatief wees en SAAMwerk aan stukkies van ‘n kunswerk, wat DEEL sal vorm van die finale groter kunswerk vir hierdie jaar. Jou klein deeltjie is soos altyd vir ons baie belangrik en dit is nie nodig dat jy die vorige geleenthede bygewoon het, om hierdie een by te woon nie.
Jy hoef ook niks van kuns af te weet om deel te neem nie. Kom net, ons wil graag saam met jou feesvier!
Tema: Maria, Jesus se ma. Die geliefde. (Beloved).
Wanneer: Sondag 29 Oktober
Tyd: 18:00 – 20:30
Prys: R150 pp
Plek: Ons laat weet die plek in Stellenbosch nader aan die tyd.
Kontak vir Liesl@sg.org.za vir navrae en besprekings, of bespreek jou plek hier: https://rowfksiw23s.typeform.com/to/RBJdl2LY
Hoop om jou daar te sien!