Ons sien uit na Stefanie Minnaar se kuier by ons op 16 Oktober, sy bied hierdie praatjie gratis vir ons aan. Enige iemand is welkom!

Wie is Stefanie Minnaar?

“Ek is ‘n Pastorale Narratiewe terapeut wat spesialiseer in ouer-tiener verhoudings. Ek is self die ouer van ‘n 16 & 17 jarige…ha ha…so “I have to practice what I preach”!

Tieners gaan doen wat hulle moet doen, soos hulle dit moet doen en wanneer hulle dit moet doen…dit is ‘n natuurlike proses wat gebeur. In plaas van om die proses 100% te ondersteun, werk ouers baie kere teen die natuurlike proses omdat hulle nie weet hoe die veranderinge in die tiener se brein hul optredes en verhoudings beinvloed nie.

As ons die wêreld ‘n beter plek wil maak, moet ons begin by ouers wat emosioneel gesonde kinders grootmaak. Ouerskap gaan daaroor  om ‘n verhouding met jou kind te hê.

‘n Verhouding waarin jou kind gesien, gehoor en geliefd voel = “secure attachment”.

“Secure attachment” word gevorm deur die nie-verbale kommunikasie tussen die ouer en die kind.

‘n Kind wat EEN volwassene het (dit hoef nie ‘n biologiese ouer te wees nie) wat konsekwent en voorspelbaar ‘daar’ is vir hom, se brein is in ‘n optimale staat, en behoort dan veilig genoeg te voel om die wêreld te verken.

Wat ons vandag doen het ‘n massiewe invloed op generasies vorentoe.” – Stefanie

[ Word gerus deel van haar Facebookgroep: Ouer-Tiener Harmonie ]

Navrae: Deon@sg.org.za