Om ’n toekoms ta navigeer
Aan die jong werkende volwassenes, nagraadse studente & pasgetroudes in ons geloofscommunity.
Ons sien julle.
Julle navigeer nuwe beroepe, nuwe verhoudings, nuwe woonplekke, nuwe verantwoordelikhede. Sommige van julle vestig jul loopbane, ander bou gesinne, ander onderskei nog wat volgende moet gebeur. Die seisoen van jul lewens is vol uitdagings én geleenthede.
Ons glo hierdie seisoen gaan nie net daaroor om ’n loopbaan te bou nie; dit gaan daaroor om ’n lewe te vorm wat belyn met God se bedoeling.
Ons wil graag ’n meer intensionele pad stap saam met jong volwassenes in SG en saam met julle vrae probeer beantwoord soos:
-
- Hoe vorm geloof hierdie fase van my lewe?
- Wie stap saam met my?
- Wat is God se roeping in my lewe?
Daarom nooi ons jou om deel te word van ’n bediening waar ons egte vriendskappe bou, saam groei en saam diensbaar is. Ons sal reeds volgende Sondag gesels oor die geleentheid om by ons studentebediening betrokke te raak.
Die uitnodiging is:
- Om deel te word van die WhatsApp-groep vir jong volwassenes, waar ons saam gaan gesels oor die reis vorentoe.
- Kom woon vanaand Sondagaande se gesprekke en kuiers by om 18:00 by Laerskool Stellenbosch
- Volgende Sondagaand 18:00 na die Worshipaand
Mag dit ’n betekenisvolle reis wees.
[ Word deel van die WhatsApp-groep waar ons met julle direk gekommunikeer word ]

