INSPIRARE-werkswinkels | Waar spiritualiteit en die lewe ontmoet
Bespreek jou plek: info@sg.org.za | 082 411 7518
- LEEF BEWUS VAN GOD – aangebied deur Nina Louw
Fokus
Tydens hierdie interaktiewe werkswinkel probeer ons God se teenwoordigheid ontdek in beide die tekste wat ons saam lees, maar ook die konteks waarbinne ons lewe. In die proses probeer ons die vaardigheid ontwikkel om te leef met ’n groter bewustheid van God.
Datums | Die werkswinkel strek oor 3 Sondae – bywoning van al drie is noodsaaklik.
- Sondag 27 Februarie – 18:40 tot 20:00
- Sondag 6 Maart – 18:40 tot 20:00
- Sondag 13 Maart – 18:40 tot 20:00
Na afloop van hierdie gespreksreeks sal jy dit ook self kan fasiliteer met volgende groep.
- Tyd: 18:40 – 20:00 (Jy is welkom om vooraf deel te neem aan die worship tydens die aanddiens, vanaf 18:00 – 18:30)
- Venue: Personeelkamer – Laerskool Stellenbosch
[divider] [/divider]
- Die psige van manwees (en wat dit met die res van my te doen het) aangebied deur Dr. Chris van den Berg
Fokus
Tydens hierdie gesprek gesels ’n groep mans openlik oor ’n paar wesenlike lewensvrae:
- Wat is die konneksie tussen my lyf, my psige en my siel?
- Wat gebeur wanneer ek hierdie konneksie mis?
- Waarom is dit belangrik om hierdie dimensies van manwees met mekaar te integreer, en hoe doen ek dit?
Ons wil mekaar aanmoedig om groter verantwoordelikheid te neem vir ons groei na volwassenheid, en mekaar ondersteun op die reis.
- Datums: Sondag 6 en 13 Maart (woon verkieslik beide gesprekke by)
- Tyd: 18:00 – 20:00
- Venue: Sal bevestig word
Bespreek jou plek: info@sg.org.za | 082 411 7518
[divider] [/divider]3. ‘n Gebedsreis deur Psalms met die fokus op die Pelgrimspsalms – aangebied deur Adila Klomp
- Voel God soms ver?
- Voel dit soms of jy baie kilometers en baie woestynduine sal moet uitklim voordat jy kan aankom waar Hy is?
- Voel jy soms alleen, bang, angstig, kwaad of sommer net verdwaal?
- Sukkel jy om jou gebedslewe op dreef te kry of te hou?
- Sukkel jy partykeer om enigsins te bid?
- Of wil jy sommer net jou gebedslewe verfris en verdiep?
Indien enige van bogenoemde vrae tot jou spreek, kom word deel van ons Pelgrimsreis terug na jou eie hart en die hart van God deur die bid van die Psalms.
“Tydens gebed praat ons nie net oor God nie, maar met Hom . . . .”
- Datums: Donderdag 3 en 10 Maart
- Tyd: 10:00 tot 12:00
- Venue: By Adila se huis in Stellenbosch
Bespreek jou plek: info@sg.org.za | 082 411 7518