Die mites en waarhede van die huwelik.
Die soeke na sin, betekenis en vervulling in die lewe is diep gewortel in ons elkeen. Daar is niemand van ons ons wat hierdie soeke vir onsself hou nie; ons projekteer dit op die verhoudings waarin ons leef – in besonder op die huwelik. Hierdie verhouding is ’n komplekse dans: Watter ervaringe (goed en sleg) en raamwerk van verhouding speel in op ons? Watter verwagtinge, ideale en drome dra ons elkeen saam met ons hierdie verhouding binne? Wat is ’n redelike verwagting om van mekaar te hê?
Plek: Die werkswinkel sal moontlik aanlyn ook aangebied word, andersins by ons kantoor in Heroldstraat 15, Stellenbosch
Sessies, temas & fasiliteerders:
Sessie 1 – André Serfontein
– (Aanlyn) Die soeke na ‘n ‘significant other’ – Teologiese raamwerk vir verhoudings
Sessie 2 – André Serfontein
– (Aanlyn) Die uitdaging van echad
Sessie 3 – Deon Botha
– Kommunikasie
Sessie 4 – Pieter Roeloffse
– Seksualiteit & Spiritualiteit
