Aan al my mede-bosslapers, vuurstokers, kampkokers en kinders:
⁠Daar’s ‘n kabaal in die kampkas,
⁠Is dit iets wat ek moet vrees?
⁠Pale kap
⁠tentflappe klap
⁠die gasbottel los ‘n onderduimse fluit
dis tyd, die kampgoed moet uit!!!

Ons volgende kampdatum kom stadig nader: 23 – 27 September (of watter deel daarvan jy voor kans sien). Kyk solank na jul kalenders en datums. Hierdie is ‘n redelike nuwe kampterrein, ongeveer 16km buite Hermanus in die Hemel en Aarde Vallei.

Gaan loer gerus. Ek het tentatief ‘n groep kampeerplekke bespreek maar sal binnekort meer finale getalle vir hulle moet gee. As ons so binne die volgende 2 weke ’n goeie idee kan kry wie saamkom kan ek die bespreking vasmaak.
Lovely ablusie geriewe en beautiful setting. Hoop om baie van julle daar te sien.
R575 per staanplek wat max 5 mense akkommodeer. 3 Volw en 2 o/18’s.

Navrae: deon@sg.org.za of 082 411 7518

[ Hier is die inskrywingsvorm ]