Hoe help jy as ouer jouself gedurende die eksamen?!

Op Fris en Vars is ons gas Yandri Brits, ‘n psigometriese terapeut wat onder andere kinders help met studiemetodes. Ons gesels oor hoe om kinders te help in die eksamen maar in deel 2 ook hoe om ouers te help gedurende eksamen. Luister op jou gunsteling platform (Stellenbosch Gemeente / Fris & Vars)  of volg die skakel.