“If you want to walk fast, walk alone. If you want to walk far, walk together.”
Die Verenigde Ring van Stellenbosch en hul vriende beplan weer ‘n jaarlikse Erfenisdag-stap, langs die roete van ons erfenis én ons nalatenskap. Op die spoor van die laaste vier jaar stap ons saam na sekere herinnerings-plekke, in God se storie met ons. Ons stap om saam te onthou (terug te kyk), saam te hoop (vorentoe te kyk) en fisies saam in gebed te gaan staan op hierdie landskap van ons erfenis. Die roete: Ons vertrek Dinsdag 24 September om 7:30 vanaf Communitas se parkeerterrein en beoog om 12:00 af te sluit by Kayamandi VG Kerk.[Daar sal vervoer-geleenthede terug dorp toe beskikbaar wees] * Bring ’n happie padkos en ’n slukkie water saam Vir navrae, kontak: Clive Jacobs – 0662551684 of Pieter Roeloffse – 0828154178 |