Jy is een mens! Ek is redelik seker dit voel nie aldag so nie. Ons lewens word baie maklik gefragmenteer tussen al die verskillende rolle en funksies wat ons het – ons verloor vinnig perspektief op die geheel van ons lewens.
Waarom NB om onsself as een mens te herontdek?
- Ons verloor voeling met onsself, met ons ware ID as ons gefragmenteerd leef – dit het ’n rimpeleffek!
- Dit skep interne spanning & konflik
- Soveel meer potensiaal wanneer ons die geheel herken en met al die dele binne ons kan werk
Ons gaan ons hele lewe beskou deur die lens van vier dimensies:
- Domein 1: Innerlike wêreld van denke en emosies
- Domein 2: Eksterne liggaam, gewoontes, gedrag
- Domein 3: Landskap van verhoudings
- Domein 4: Eksterne landskap van werk, omgewing,
Daar is ’n Bybelse metafoor wat ons menswees baie effektief beskryf: SIEL. Siel is ’n woord / konsep wat hierdie innerlike en uiterlike wese wie ek en jy is, bymekaar bring. Maar SIEL gee ook vir ons ’n waardevolle lens vir God se bedoeling vir elkeen van die dimensies van ons lewe: Hoe lyk ’n soulful lewe dus?
Indien ek elke dimensie van my lewe wil belyn met die bedoeling van ons siel gaan ek ’n eerlike ontleding moet maak van waar ek is in elke domein, en die impak wat een dimensie van my lewe op die ander het. As ek dan ’n eerlike prentjie het van waar ek is, en die konsep van SIEL my die verbeelding kan gee van waar ek wil wees, kan ek met veel groter intensie en doelgerigtheid ’n tree gee nader aan God se bedoeling.
So wat gaan hierdie reis bied?
- Dit gaan lei tot intensie / aksie – ’n volgende tree waar nodig in jou lewe.
- Dit gaan jou ’n raamwerk gee waarmee jy al die dele van jou lewe kan verstaan.
- Die reis gaan lei tot groter selfinsig – beide verwondering en wroeging. .
- Gaan jou bewus maak van die vaardighede wat jy nodig het om te ontwikkel.
Wat gaan hierdie reis vra?
- ’n Nuwe raamwerk vra vir ’n open mind; w
- Wroeging en verwondering vra vir ’n open heart
- Aksie vra vir ’n open will
- Kapasiteit:
- 4 sessies: Sessies 1 en 4 is in persoon (2 ure)
- Sessies 2 & 3 is on demand (30 min)
- Tyd gedurende die week vir refleksie

