Kunstenaars het die vermoë om ons nuut te laat kyk na die bekende. Ons wil jou nooi om deur die lens van gedigte jouself oop te stel vir ’n nuwe perspektief op Christus. 

Indien jy nie vaardig is met die lees van gedigte / prosa nie, kan jy die volgende refleksie probeer:

  • Lees die gedig ’n paar keer deur
  • Identifiseer die woorde / frases wat, vir watter rede ookal, jou aandag trek
  • Reflekteer op die moontlike redes waarom hierdie frases met jou resoneer
  • Waarheen nooi hierdie gedig jou? 
    • Hoe verruim dit jou perspektief oor Christus?
    • Wat wil jy nou sê of doen?

 


 

Corpus Christi
Sheila Cussons –

Eensaam vol poësie hoor ek die wind

in die hoë wilde populiere wat donker tuimel

teen ’n helder naglug, en druppels

skuins reën sketter teen die ruite

en ek raak los in my soos die geurende grond los

en vol wit wuiwende lelies

en als is blink en donker en rusteloos en soet.

Wat ruis in die donker flikkerende bome

in die wind, en glans in die driftige vlae

van die reën, roer in die wortel, stoot

in die sap? — besige Christus, Jy.

Hoe kon ek jou ooit misgekyk het

die sin van dié stuwing gemis het

en so afwesig gestaar het na my?

 


 

Bethlehem

– Rien Joubert –

As Bethlehem net nader was

dalk iewers in die land…

dan sou ons vir die Kindjie as geskenke vat

offers uit ons seerkryland, want,

nêrens anders ruik die reën so soet nie…

kom lê die herfs as roes nie…

En as die son ons oor die blou see groet,

dan breek die sonneblom sy goudpot oop

en laat my land sy goud as offer

tot by die Lam se voetjies loop.

Dan kniel ons hier in Afrika

soos herders lank terug

by doringvure wat die nag verlig.

En vir die Kindjie in die krip

word daar pasellas uitgehaal:

‘n heuningkoek, laventelbos

‘n sonneblom, ‘n velkaros…

Die wyses onder ons

sou vir die Kind ‘n kaartjie los,

‘n dankie vir ons reënboogland,

vir roesrooi Kalahari-sand,

pers vygies teen ‘n duin se kant,

en God se Kerskind vlam wat brand

in elke hart in hierdie land.

 


 

The Opening of Eyes

– David Whyte –

That day I saw beneath dark clouds

the passing light over the water

and I heard the voice of the world speak out,

I knew then, as I had before

life is no passing memory of what has been

nor the remaining pages in a great book

waiting to be read.

It is the opening of eyes long closed.

It is the vision of far off things

seen for the silence they hold.

It is the heart after years

of secret conversing

speaking out loud in the clear air.

It is Moses in the desert

fallen to his knees before the lit bush.

It is the man throwing away his shoes

as if to enter heaven

and finding himself astonished,

opened at last,

fallen in love with solid ground.

From Songs for Coming Home (Many Rivers Press, 1984).

 


 

Holy Spirit

– Hildegard of Bingen (1098–1179) –

Holy Spirit, bestowing life unto life,

moving in All.

You are the root of all creatures,

washing away all impurity,

scouring guilt,

and anointing wounds.

Thus you are luminous and praiseworthy, Life,

awakening, and re-awakening all that is.