Film-regisseurs het die vermoë om ons nuut te laat kyk na die bekende. Ons wil jou nooi om deur die lens van films jouself oop te stel vir ’n nuwe perspektief op Christus. 

Die films hieronder verlig telkens ’n sekere aspek van spiritualiteit. Die films Narnia (gebaseer op die boek van CS Lewis) en die reeks oor Lord of the Rings (gebasseer op die boeke van Tolkien) vra dalk vir bietjie konteks. Die boeke agter hierdie films is geskryf in ’n tyd waar die belangstelling in die evangelie gekwyn het. Hierdie skrywers wou, te midde van mense se ontnugtering met geloof, ’n nuwe verbeelding in mense wakker maak. 

Indien jy nie vaardig is met die analise van films nie, kan jy die volgende refleksie probeer:

  • Kyk die film een keer deur (saam met ’n bak popcorn!)
  • Dink na oor die tonele / gebeure in die film wat jou raak. 
  • Wat is die boodskap van hierdie film vir jou?
  • Waarheen nooi hierdie film jou? 
    • Hoe verruim dit jou perspektief oor Christus?
    • Wat wil jy nou sê of doen?