Play
[ Preekbronne & Inspirasie ]
AANLYN-PREKE LYK ANDERS, MAAR KLINK DIESELFDE!
Gesprekke met gemeentelede het ons nuut laat dink oor die preke wat aanlyn aangebied word. Verlede week was dus ons laaste voorafopgeneemde video-preek.

Van komende Sondag af sal daar slegs ‘n audio/klankbaan van die preek voor die tyd beskikbaar wees, en die in-persoon-diens (livestream) word meer persoonlik vir aanlynkykers, met behulp van ‘n ekstra kamera of twee.

Waar kry jy die klankbaan? 

  • Hier, op ons webblad onder preke
  • Op die aanlynplatform waar jy gewoonlik na ‘n potgooi luister (Apple of Spotify) soek @StellenboschGemeente

Gee gerus terugvoer oor jou ervaring van die veranderinge, dit help ons!

Terugvoer kan gestuur word aan: stephan@sg.org.za 

Kyk saam live: