Die mites en waarhede van die huwelik.

Die soeke na sin, betekenis en vervulling in die lewe is diep gewortel in ons elkeen. Daar is niemand van ons ons wat hierdie soeke vir onsself hou nie; ons projekteer dit op die verhoudings waarin ons leef – in besonder op die huwelik. Hierdie verhouding is ’n komplekse dans: Watter ervaringe (goed en sleg) en raamwerk van verhouding speel in op ons? Watter verwagtinge, ideale en drome dra ons elkeen  saam met ons hierdie verhouding binne? Wat is ’n redelike verwagting om van mekaar te hê?

Tydens hierdie kursus van 4 sessies
– Nog paartjies wat hierdie lewensfase saam met ons deel
– ’n Bewustheid van ons elkeen se unieke menswees
– God se bedoeling vir die huwelik
– ’n Raamwerk vir kommunikasie, konflikhantering, seksualiteit
* Hierdie kursus is gemik op verloofdes en jong getroudes.

Plek: Die werkswinkel sal moontlik aanlyn ook aangebied word, andersins by ons kantoor in Heroldstraat 15, Stellenbosch

[ Skryf hier in ]

Sessies, temas & fasiliteerders:

Sessie 1 – André Serfontein
– (Aanlyn) Die soeke na ‘n ‘significant other’ – Teologiese raamwerk vir verhoudings

Sessie 2 – André Serfontein
– (Aanlyn) Die uitdaging van echad

Sessie 3 – Deon Botha
– Kommunikasie

Sessie 4 – Pieter Roeloffse
– Seksualiteit & Spiritualiteit

[ Skryf hier in ]