saam met André Serfontein

Die werkswinkel se datums lyk as volg:
Dinsdag 21 & 28 Oktober, tyd sal bevestig word saam met die deelnemers (die werkswinkel bestaan uit twee sessies, jy moet verkieslik albei kan bywoon.)

Aanlyngeleentheid
Emosies is ons raakvlak met die lewe. Dis ’n wesenlike dimensie van ons ervaring van die wêreld, en van ons verhoudings met ander, onsself en God.

Ons vermoë om emosies te ervaar het die potensiaal om ons nog meer verwonderd te maak oor die lewe. Die landskap van emosies is egter vir baie van ons ’n bron van frustrasie en ongemak.

Hoe navigeer ek die landskap van emosies op só ’n wyse dat dit ’n geskenk is, eerder as ’n struikelblok?

 

Tydens hierdie kort werkswinkel gaan ons…

  • ’n Raamwerk ontdek waardeur ons emosies en spiritualiteit verbind
  • Bybeltekste beskou deur die lens van emosies en só emosies leer herwaardeer
  • Insig kry in die konneksie tussen emosies en my liggaam, my verhoudings en my leefwêreld
  • Praktiese gewoontes en hulpmiddels ondersoek wat my kan help om hierdie landskap te navigeer

Die werkswinkel is gratis, maar registreer asseblief!

[ Registreer asseblief hier ] of stuur ‘n WhatsApp na 082 411 7518