’n Nuwe stem en gesig by SG! Ons verwelkom vir Heinrich Dry terug by die gemeente wat hy 25 jaar gelede help vorm het! Ons sien uit na hierdie nuwe journey saam met jou en jou gesin!
” Jesus leer ons dat Hy self die waarheid is, en Hy openbaar Homself aan ons op, en deur verskillende maniere. Ons ervaar Hom deur Sy Woord, deur gebed, die sakramente maar ook deur verhoudinge.
Gemeentelewe is verhoudingslewe, en saam ondek ons die waarheid oor onself, ons doel en Ons Vader se pad wat hy met ons stap.” – Heinrich
Saam vorm die kontoere vir ons n duideliker prentjie van die landskap waarop ons beweeg. Eerskomende Sondag gaan Heinrich met ons gesels oor die ontdekking van Waarheid in Gemeente-belewenis. Sien jul daar! ( En as jy nie weet wie Heinrich is, kom ontmoet hom Sondag👍🏽)
[ Ontmoet vir Heinrich Dry en sy gesin – Lees hier ]
Maak kontak met Heinrich: heinrich@sg.org.za
Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse.
.
Podcast: Download (26.9MB)
.Of kyk hier saam:


