Hier aan die begin van die jaar waar die lewe soos ’n wonderlike ongerepte landskap voor ons lê, soek ons na vastigheid en rigting terwyl ’n skare stemme ons wil oorrompel met “Leef hierlangs!” In hierdie landskap fluister God deur die eeu-oue kontoerlyne vir ons ’n voetpad na die lewe — die kontoerlyne van God se beweging. Kom volg Sondag saam met ons die eerste kontoerlyn van Die skepping.
“In light of the Genesis story, we would say that the possibility of this universe overflowed into actuality as God, the Creative Spirit, uttered the original joyful invitation: Let it be!” Brian McClaren
Ritme:
• Hoe kan jy groei in die wysheid dat alles met God begin, en dat als wat jy doen in aansluiting is tot sy beweging?
Vorm:
• Hoe kan jy ’n gasvrye, lewegewende ruimte skep waarbinne jy inhoud kan gee aan die lewe?
Inhoud:
• Hoe kan jou woorde en aksies vrygewig en lewegewend wees, eerder as versamelend en absorberend?
Verbondenheid:
• Hoe kan jy meer bewus wees van die inter-afhanklikheid van alles en almal? Hoe raak jy oortuig dat groei, vooruitgang en voorspoed wat ten koste van iets of iemand anders gebeur, nie werkliklik vooruitgang is vir enige van ons nie?
Luister hier na die klankopname of op die potgooi-platform van jou keuse.
.
Podcast: Download (48.3MB)
.Of kyk hier saam:


