Want aan U…Dankdiens
By die besef van God se teenwoordigheid, sorg, verlossing, begeleiding…reageer mense dieselfde op verskillende maniere: Jakob bou ’n altaar; Mirjam maak musiek; Israel sing; Dawid dans uit sy klere; Een melaatse draai om, juig, kniel en erken die wonder in dankbaarheid. Hierdie dankbaarheids-geloof, lees ons, het hom gered.
“Die Here is God, Hy skenk ons die lewe. Begin die fees!” (Ps 118:27)
Hoe sal ons dan nou reageer?
Kom juig, buig, sing; kom sê en vertel; kom word ’n oomblik stil saam met ons – wanneer ons vier en onthou “Hy skenk ons die lewe.” – Pieter Roeloffse
Luister hier saam na die voorafopgeneemde klankopname van die boodskap:
Podcast: Download (27.7MB)
Wees hier deel van vanoggend se erediens:


