Saam met sy span by die Institute for Creative Conversation het Trevor Hudson ‘n kursus ontwikkel wat jou baie prakties, en sonder fieterjasies (of groot woorde), op ‘n reis neem na God se wil vir jou lewe en jou roeping. Met die hulp van alledaagse gesprekke: met mekaar, met God en ook met jou alledaagse lewe in die wêreld, ontdek ons saam God se wil.

Klink dit oorweldigend of onbereikbaar? Trevor se eie woorde help:

“We seldom discern God’s personal will all alone. The glimpses we get of our personal calling are enriched as we engage in conversations with others.

When we explore what God wants for us with others, we get surprising insights that give important clues to how the Spirit wants to lead us. You may already have experienced this. You might find yourself unclear about your next step in a certain situation, even after praying about it, and remain unclear about to proceed. Then one day you talk things over with a caring friend, and the way ahead becomes clearer. Looking back on this conversational encounter, you become aware that God used this conversation to guide you.” – Trevor Hudson

Die kursus/werkswkinkels bestaan uit drie modules bestaan: Sacred Conversations 1, 2 & 3. Dit is ‘n praktiese kursus, met heelwat interaksie wat fokus op alledaagse gesprekke, hoe ons na mekaar luister (en nie luister nie!), maar ook hoe dít wat God vir ons wil sê dikwels in gewone gesprekke vasgevang is.

Sacred Conversations 1 (‘n 6-week-reis saam met ander)
Module een fokus op gesprekke met mekaar en is ‘n uitnodiging om iets van jouself en ander te ontdek in Jesus se interaksie met die mense om hom.

Plek: Kerkkantoor, Heroldstraat 15
Kostes: R350 pp, sluit notas en ligte ete in
Datums:
Maandagaande 18:00 – 20:00
(Jy moet verkieslik al die datums kan bywoon, vra gerus hieroor)
11 September
18 September
2 Oktober
9 Oktober
16 Oktober
23 Oktober

Dit is praktiese en toeganklike werkswinkels, aangebied deur ervare en passievolle medewerkers, wat jou persoonlike reis met God sal verdiep, maar ook ‘n groter bewustheid skep vir hoe jy na die mense om jou luister saam met wie jy daagliks reis.

Vir meer inligting kontak info@sg.org.za

  1. Lees meer: The importance of sacred conversations for discerning God’s will for your life  by Trevor Hudson

Opvolgwerkswinkels:
Sacred Conversations 2 
(‘n 6-week-reis saam met ander)
Module twee fokus op my gesprekke met God, ontdek kreatiewe maniere waarop jy tyd met God kan spandeer. ‘n Groot fokus op gebed in hierdie module.

Sacred Conversations 3 (‘n 6-week-reis saam met ander)
Module drie fokus op my gesprekke oor my eie lewe in God se wệreld. Ontdek God se roeping vir jou lewe en probeer dié belangrike vraag antwoord: “Hoe ontdek ek God se wil in my alledaagse lewe?”.