Ons kinderbediening vind gelyklopend met die oggenddiens plaas tussen 10:00 en 11:30.

Indien jy nog nie op ons Kinderkerkdatabasis is nie voltooi asb die volgende vorm om so op hoogte te bly van wat by die Kinderbediening gebeur, werkswinkels, uitstappies, belangrike datums ens.

[ Kinderkerk REGISTRASIE ]

Navrae hieroor, gesels met Deon: deon@sg.org.za of 083 959 5880

Kinderbediening-groepering:

  • Peutergroep: 2 & 3 jariges (by die speelarea naby die ingang van die skool)
  • Kleuters: 4 & 5 jariges (by die speelarea naby die ingang van die skool)
  • Kids: Gr. 1-3  (Biblioteek)
  • Tweens: Gr. 4-6 (Nasorgklaskamer langs die tennisbane)

_______________________________________________________________________

Gr. 7’s gaan op ‘n unieke reis hierdie jaar

Ons beoog om 4 geleenthede (1 x kwartaal) te hê met Gr.7’s en hul ouers, gedurende daardie sessies gaan ons avontuur en gesprekke fasiliteer:

1. Die Groter Prentjie & 2. Fisiese Liggaam Gesprek – bo op Tafelberg
3. Die Vriende & 4. Geloof Gesprek – Avontuurbaan/ Acrobranching

5. Die Tegnologie Gesprek & 6. Akademie Gesprek – Escape Room/ Cape Town Science Centre
7. Die Ander Geslag & 8. Geld Gesprek – Date Night met ouers

_______________________________________________________________________

Tieners

Ons nooi alle tieners en hul ouers na ‘n inligtingsessie op 21 Jan om 18:30 – 20:00 in die LSS Klubhuis. 
Ons gaan gesels oor tieners’24 asook die afskop van ‘n opwindende nuwe inisiatief: Circles – ‘n veilige plek waar tieners en volwassenes oor die lewe gesels.
Hierdie is ‘n wonderlike spasie om ons tieners  aan ander volwassenes met  lewenservaring bloot te stel en terselfdertyd ‘n geleentheid om volwassenes aan ander tieners en hul uitkyk op die lewe te verstaan. ‘n Plek waar ons nuuskierig kan raak sonder om angstig te raak.
Ons wil graag julle insette kry oor die ritme, tyd en temas  vir hierdie geleenthede.

___________________________________________________________________________

KAMPE
Registrasie: deon@sg.org.za

Tweenkamp 23-25 Februarie
by Wortelgat